Microsoft Windows
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Microsoft Windows is die naam van 'n familierekenaar-bedryfstelsel wat deur Microsoft geprogrammeer en versprei word. Microsoft het die eerste weergawe van Windows in November 1985 uitgebring as 'n toevoeging tot MS-DOS om aan die groeiende belangstelling in grafiese gebruikerskoppelvlakke te voldoen.
Mettertyd het Microsoft Windows die persoonlike rekenaarmark begin domineer en bedryfstelsels soos OS/2 en Mac OS uit die kussings gelig. Teen 2004 het Microsoft Windows ongeveer 90% van die wêreld se persoonlike rekenaars bedryf.
Die nuutste persoonlike weergawe van Windows is Windows 7, terwyl Windows Server 2008 die nuutste bedienerweergawe is.
Weergawes[wysig]
- Windows 95
- Windows 98
- Windows 2000
- Windows ME
- Windows XP
- Windows Vista
- Windows 7
- Windows 8
- Windows RT