1908
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
| 1908 |
|
◄ | 19de eeu | ◄ 20de eeu ► | 21de eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1903 | 1904 | 1905 | 1906 | 1907 | ◄ 1908 ► | 1909 | 1910 | 1911 | 1912 | 1913 | ► | ► ► |
| Dae | Eeue | Geskiedenis |
|
||||||||||||||||||||||||
Die jaar 1908 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 8ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure[wysig]
- 27 April – Die Olimpiese Somerspele 1908 begin in Londen.
- 30 Junie – Die Toengoeska-voorval vind in Siberië plaas.
- Henry James publiseer sy spookstorie The Jolly Corner.
Geboortes[wysig]
- 9 Januarie – Simone de Beauvoir, Franse feministiese skryfster († 1986)
- 5 Maart – Rex Harrison, 'n Britse verhoog- en rolprentakteur († 1990)
- 22 Maart – Louis L'Amour, 'n Amerikaanse skrywer († 1988)
- 5 April – Herbert von Karajan, Oostenrykse dirigent († 1989)
- 24 April – Józef Gosławski, Poolse beeldhouer en medaljeur († 1963)
- 10 Julie – Wallace Henry (Wally) Hayward. Vyf keer die wenner van die Comrades-maraton. († 2006).
- 27 Augustus – Lyndon B. Johnson, 36ste President van die Verenigde State († 1973)
- 4 September – Ds. Thomas Duncan Moodie, leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, onder meer op Melsetter, die dorp wat sy grootvader gestig het († 1978).
- 28 Oktober – Harry Oppenheimer, Suid-Afrikaanse mynmagnaat. († 2000)
- 7 November – Frank Waring, Suid-Afrikaanse politikus († 2000).
Sterftes[wysig]
- 9 Januarie – Wilhelm Busch, Duitse digter (* 1832).
- 21 Junie – Nikolai Rimsky-Korsakov, komponis.
- 24 Junie – Grover Cleveland, die 22ste en 24ste President van die Verenigde State (* 1837).
- 5 Julie – Jonas Lie, skrywer van Noorweë (* 1833).
- 25 Augustus – Jan Hendrik Hofmeyr, Suid-Afrikaanse teoloog en predikant (* 1835).