1968
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
| 1968 |
|
◄ | 19de eeu | ◄ 20de eeu ► | 21de eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1963 | 1964 | 1965 | 1966 | 1967 | ◄ 1968 ► | 1969 | 1970 | 1971 | 1972 | 1973 | ► | ► ► |
| Dae | Eeue | Geskiedenis |
|
||||||||||||||||||||||||
Die jaar 1968 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 68ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Bouwerk begin aan die Hillbrow-toring.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 30 Januarie – Tydens die Viëtnamoorlog stuur VietCong-magte die Tết Offensief op Viëtnamese Nuwejaarsdag (Tet) van stapel.
- 31 Januarie – Nauru verkry onafhanklikheid van Australië, Nieu-Seeland en die Verenigde Koninkryk.
- 6-18 Februarie – Die tiende Olimpiese Winterspele word in Grenoble, Frankryk, aangebied.
- 24 Februarie – Die Randse Afrikaanse Universiteit in Johannesburg word amptelik geopen.
- 8 Maart – Begin van studentebetogings in Pole.
- 12 Maart – Mauritius word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 16 Maart – My Lai-menseslagting in Viëtnam.
- 4 April – Apollo 6 word gelanseer.
- 20 April – 'n Suid-Afrikaanse Lugdiens Boeing 707 val - vlug 228 - tydens opstyging vanaf Windhoek, Suidwes-Afrika, en 123 sterf.
- 23 April – Die Verenigde Koninkryk produseer hul eerste desimale munte.
- 24 April – Mauritius sluit by die Verenigde Nasies aan.
- 3 Mei – Die Sorbonne Universiteit in Parys word deur betogers beset.
- Junie – Bouwerk begin aan die Hillbrow-toring in Johannesburg.
- 3 Junie – Valerie Solanas skiet Andy Warhol en Mario Amaya by sy ateljee.
- 6 Junie – Senator Robert F. Kennedy sterf in 'n sluipmoordaanval deur Sirhan Sirhan.
- 1 Julie – Die kernsperverdrag word geteken.
- 25 Julie – Pous Paulus VI se sewende en laaste ensikliek, Humanae Vitae, word vrygestel.
- 21 Augustus – Bloedige beëindiging van die Praagse Lente deur troepe van die Warskou-verdragslande.
- 6 September – Swaziland word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 24 September – Swaziland betree die Verenigde Nasies.
- 2 Oktober – Die Slagting van Tlatelolco beëindig die studentebeweging in Meksiko.
- 12 Oktober – Ekwatoriaal-Guinee word van Spanje onafhanklik.
- 12-27 Oktober – Die 19de Olimpiese Somerspele word in Meksikostad, Meksiko, aangebied.
- 4-13 November – Die derde Paralimpiese Somerspele word in Tel Aviv, Israel, aangebied.
- 5 November – Richard Nixon wen die Amerikaanse presidentsverkiesing.
- 12 November – Ekwatoriaal-Guinee word lidland van die Verenigde Nasies.
- 27 Desember – Die Amerikaanse ruimtetuig Apollo 8 voer die eerste bemande omwenteling van die Maan uit.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 30 Januarie – Felipe VI, koning van Spanje.
- 27 Maart – Sadie Frost, Britse aktrise.
- 30 Maart – Céline Dion, Kanadese sangeres.
- 1 Augustus – Marco Börries, Duitse besigheidsman.
- 5 Augustus – Marine Le Pen (Marion Anne Perrine Le Pen), advokaat en Franse politikus.
- 17 September – Anastacia Lyn Newkirk, Amerikaanse popsangeres en liedjieskrywer.
- 17 Oktober – Thom Edward Yorke, hoofsanger van die Radiohead, kunstenaar.
- 2 Desember – John Ajvide Lindqvist, Sweedse skrywer, illusionis en stand-up-komediant.
- 23 Desember – Manuel Rivera-Ortiz, Amerikaanse fotograaf.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 7 Januarie – Prof. J.L.B. Smith, 'n Suid-Afrikaanse igtioloog wat die Selakant ge-identifiseer het(* 1897).
- 10 Januarie – Dr. Eben Dönges, aangewese Staatspresident van Suid-Afrika (* 1898).
- 16 Februarie – Gert van den Bergh, Suid-Afrikaanse akteur (* 1920).
- 27 Maart – Joeri Gagarin, 'n Rus en die eerste mens wat om die aarde gewentel het, (* 1934)
- 4 April – Dr. Martin Luther King Jr., burgerregte aktivis, geskiet in 'n sluipmoord by die Lorraine Motel in Memphis, Tennessee, VSA (* 1929).
- 7 April – Jim Clark, renjaer.
- 17 April – Mikro (die skuilnaam van Christoffel Hermanus Kühn), bekende Afrikaanse skrywer (* 1903).
- 1 Junie – Helen Keller, Amerikaanse skryfster, aktivis en dosent (* 1880).
- 24 Junie – Eric Hendrik Louw, diplomaat en politikus (*21 November 1890).
- 30 Desember – Trygve Lie, 'n Noorse politikus, diplomaat en die eerste sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (* 1896)
- Edna Ferber, skrywer (* 15 Augustus 1885).
- Lev Davidovich Landau, Russiese fisikus (* 22 Januarie 1908).