Microsoft
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
| Microsoft Corporation | |
| Tipe | Aandelemaatskappy |
|---|---|
| Gestig | 4 April 1975 |
| Hoofkantoor | Redmond, Washington, Verenigde State |
| Sleutelpersone | John W. Thompson (hoof uitvoerende beampte) Satya Nadella (voorsitter van die Raad) Bill Gates (stigter, tegnologie raadgewer) |
| Gebied bedien | Wêreldwyd |
| Industrie | Rekenaarhardeware, sagteware |
| Produkte | Windows Office Dynamics Azure Xbox Surface Bing Skype |
| Inkomste | $77,85 miljard[1] (2013) |
| Bedryfsinkomste | $26,76 miljard[1] (2013) |
| Netto inkomste | $21,86 miljard[1] (2013) |
| Werknemers | 100 932[2] (2013) |
| Webwerf | microsoft.com |
Microsoft is 'n Amerikaanse en multinasionale sagteware maatskappy wat in 1975 gestig is deur Bill Gates en Paul Allen. Microsoft het prominent geword deur die MS-DOS bedryfstelsel vir die IBM-PC in die 1980's beskikbaar te stel.
Sedertdien het Microsoft veral deur sy Microsoft Windows bedryfstelsel, en Microsoft Office kantoorpakket tot 'n reuse en winsgewende maatskappy ontwikkel.
Benewens bedryfstelsels en rekenaarpakkette, ding Microsoft ook op byna alle terreine van elektroniese sagteware mee, byvoorbeeld bediener-sagteware, databasisbestuurstelsels, video- en musiekdatabasisse en programmeringstale.
Verwysings[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Microsoft.
- ↑ 1,0 1,1 1,2 (en) “Earnings Release FY13 Q4”. Microsoft: 18 Julie 2013. URL besoek op 13 April 2014.
- ↑ (en) “Facts About Microsoft”. Microsoft. URL besoek op 13 April 2014.