Tuisblad
| Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigeen verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
| Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep. | |
| Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
|
Voorbladartikel
Dr. Herman Dirk van Broekhuizen (Rijssen, Overijssel, Nederland 17 Junie 1871 – Pretoria 4 Augustus 1953) was een van die vroegste spelers in ’n Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan (1896; die naam Springbokke is eers vanaf 1906 gebruik), ’n predikant in die Nederduitse Gereformeerde (1898–1917) sowel as die Nederduitsch Hervormde Kerk (1917–1925), ’n Volksraadslid (1925–1933), Suid-Afrika se spesiale gesant in Nederland en België (1933–1941) en ’n Afrikaanse taalstryder wat hom onvermoeid beywer het vir ’n Afrikaanstalige universiteit in Pretoria. Hy was ook ’n adviseur van die Afrikaanse Bybelvertaling van 1933. Van Broekhuizen was ’n kleurryke en flambojante figuur wat reeds as jong man die wêreld deurreis het. As predikant was hy ’n omstrede figuur weens die politieke inslag van baie van sy preke. Sommige mense het beweer dat hy te veel van ’n politikus was om ’n goeie dominee te kon wees, en te veel van ’n dominee om ’n goeie politikus te kon wees. So het hy in 1899 met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog, pleks van aanbly in die NG gemeente Pretoria, waar hy sedert die vorige jaar hulpprediker was, die wapen opgeneem en by Danie Theron se Verkennerskorps aangesluit. Nadat hy in 1900 gevange geneem is, is hy tronkstraf opgelê en drie weke later uit Suid-Afrika verban en, hoewel hy ná die vrede toegelaat is om na die Kaapkolonie terug te keer, moes hy tot 1907 wag voor hy na Transvaal kon gaan. In 1914 het ’n vurige preek tydens die Maritz-rebellie daartoe gelei dat hy 18 maande tronkstraf opgelê is. Ná sy vrylating het hy oorgegaan na die Nederduitsch Hervormde Kerk omdat die kerk waarin hy en sy vader albei predikant was, volgens hom onbevredigend op die Rebellie gereageer het. As politikus het hy gemengde welslae behaal. Sy emosies het glo in die pad gestaan en hy kon nooit leer om partypolitieke dissipline te aanvaar nie, want daarvoor was hy lewenslank te veel van ’n individualis.
In die nuus
Het u geweet...
...dat die drie gewildste televisie-uitsendings almal sportprogramme is? Die Olimpiese Somerspele, die Sokker-Wêreldbekertoernooi en Formule Een is die drie programme wat die grootste kykertalle lok. ...die eerste duikboot reeds in 1620 gebou is? Die Nederlandse Cornelius Drebbel het een vir die Engelse koning gebou en in die Teems getoets.
Vandag in die geskiedenis
3 November: Kultuurdag in Japan; Onafhanklikheidsdag in Panama (1903), Dominica (1978) en Gefedereerde State van Mikronesië (1986).
|
Vind artikels
|
|
|
Geografie |
||
|
Geskiedenis |
||
|
Kultuur |
||
|
Religie |
||
|
Samelewing |
||
|
Tegnologie |
||
|
Wetenskap |
||
|
Wikipedia in ander tale
|
||
| Weergawes met meer as 1 000 000 artikels Deutsch • English • Español • Français • Italiano • Nederlands • Polski • Русский • Svenska • Winaray • Tiếng Việt |
||
| Weergawes met meer as 750 000 artikels Cebuano • 日本語 • Português • 中文 |
||
| Weergawes met meer as 500 000 artikels Українська |
||
| Weergawes met meer as 250 000 artikels العربية • Català • Čeština • فارسی • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Bahasa Melayu • Norsk (bokmål) • Српски / srpski |
||
| Weergawes met meer as 100 000 artikels Azərbaycanca • Български • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • Galego • עברית • हिन्दी • Hrvatski • Հայերեն • Қазақша • Latina • Lietuvių • Baso Minangkabau • Norsk (nynorsk) • Română • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Slovenščina • Türkçe • Oʻzbekcha • Volapük |
||
| Weergawes met meer as 50 000 artikels Беларуская • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • Bosanski • Cymraeg • Kreyòl ayisyen • ქართული • Latviešu • Македонски • नेपाल भाषा • Occitan • Piemontèis • Shqip • தமிழ் • తెలుగు • ไทย • Tagalog • Татарча / tatarça • اردو |
||
|
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia |
||
|
Susterprojekte
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
||
|
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|