Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Welkom by Wikipedia,
Vrydag, 9 September 2016
Hier is tans 41 275 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
’n Kaart van Malawi.

Malawi (Chichewa: Malaŵi), voorheen bekend as Njassaland, is ’n republiek in Suidoos-Afrika wat heeltemal deur land omring word. Teen 118 500 km² is dit een van die kleinste lande in Afrika, maar dit het ’n verskeidenheid landskappe en ’n wildlewe wat sy belangrikheid as toeristebestemming verhoog. Sowat ’n vyfde van sy oppervlakte word deur die Malawimeer beslaan; dit is die derde grootste meer in Afrika en die tiende grootste ter wêreld.

Malawi grens aan Zambië in die noordweste, Tanzanië in die noordooste en Mosambiek in die suide, suidooste en suidweste. Dit het ’n geraamde bevolking van 16 777 547 (Julie 2013). Sy hoofstad is Lilongwe, wat ook die grootste stad is, en die tweede grootste is Blantyre. Die naam kom uit die Maravi-taal. Die land is ook algemeen bekend as die "Warm Hart van Afrika".

Migrerende Bantoevolke het die gebied omstreeks die 10de eeu betrek. In die laat 15de eeu is die Maravi-ryk gestig. Die Maravi's het later bekend gestaan as die Chewa – ’n etniese groep wat vandag steeds die meerderheidsbevolking in die land is.

In die 19de eeu het Skotse sendelinge, onder wie David Livingstone, in Malawi aangekom. Hulle was die eerste Europeërs wat die lang en moeilike tog deur die vasteland van Afrika in 1859 voltooi het. In 1891 het Brittanje die gebied gekoloniseer en in 1953 het Njassaland, ’n Britse protektoraat, ’n protektoraat binne die semi-onafhanklike Federasie van Rhodesië en Njassaland geword. Die federasie is in 1963 ontbind en in 1964 is die protektoraat oor Njassaland opgehef. Die land het onder koningin Elizabeth II onafhanklik geword en die naam is na Malawi verander. Twee jaar later het dit ’n republiek geword.

Ná Malawi se onafhanklikwording het dit ’n eenpartystaat geword met Hastings Banda as president. Hy was lewenslange staatshoof tot in 1994, toe sy lewenslange presidentskap beëindig en hy die land se eerste demokratiese verkiesing verloor het. Peter Mutharika is die huidige president en Malawi is nou ’n demokratiese veelpartystaat. Dit het ’n klein militêre weermag met ’n leër, vloot en lugmagvleuel. Die buitelandse beleid is pro-Westers en sluit positiewe diplomatieke betrekkinge met die meeste lande in, asook deelname aan verskeie internasionale organisasies soos die Verenigde Nasies, Britse Statebond en Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.

Malawi is een van die wêreld se swaks ontwikkelde lande. Die ekonomie is afhanklik van landbou en daar is ’n groot plattelandse bevolking. Die regering leun swaar op buitelandse hulp vir ontwikkeling, hoewel dié behoefte (en die hulpaanbiedinge) sedert 2000 afneem. Sedert 2005 skenk die land aandag aan die uitbreiding van die ekonomie, die verbetering van opvoeding en gesondheidsdienste, omgewingsbewaring en om finansieel onafhanklik te word.

Die lewensverwagting in die land is laag en die babasterftesyfer hoog. MIV/vigs kom algemeen voor en dit stel groot eise aan die werkmag en die regering se uitgawes. Hoewel streekkonflik voorheen van tyd tot tyd voorgekom het, is daar sedert omstreeks 2008 ’n groeiende gevoel van ’n Malawi-nasionaliteit.

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Moeder Teresa in 1986

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

... dat Ayrton Senna die oggend op die dag van sy dood 'n vergadering van renjaers bygewoon het om veiligheid in Formule Een te bespreek?

... dat Cyril Ramaphosa 'n sleutelrol gespeel het in die stigting van die NUM, 'n vakbond vir mynwerkers? Hy was 'n regsadviseur vir die Raad van Unies van Suid-Afrika met die stigting van die NUM in 1982.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

9 September: Nasionale Dag in Noord-Korea (1948), Onafhanklikheidsdag in Tadjikistan (1991)

Willem die Veroweraar

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
'n Uitsig oor die Sint Pietersplein, Vatikaanstad, met Rome se binnestad in die agtergrond, soos afgeneem van die Sint Pieterskerk in April 2007.
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Mosambiek

Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Rusland  Oseanië

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  Nuwe Era  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Psigologie  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
CebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Português中文
Weergawes met meer as 500 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 250 000 artikels
العربيةCatalàČeštinaفارسیSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuNorsk (bokmål)‬RomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиСрпски / srpskiTürkçe
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяБългарскиНохчийнDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiՀայերենქართულიҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaไทยاردوOʻzbekchaVolapükBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 50 000 artikels
Беларуская (тарашкевіца)‎BrezhonegBosanskiCymraegKreyòl ayisyenКыргызчаLatviešuMalagasyМакедонскиनेपाल भाषाOccitanPiemontèisShqipதமிழ்తెలుగుTagalogТатарча / tatarça

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering