1967
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
| 1967 |
|
◄ | 19de eeu | ◄ 20de eeu ► | 21de eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1962 | 1963 | 1964 | 1965 | 1966 | ◄ 1967 ► | 1968 | 1969 | 1970 | 1971 | 1972 | ► | ► ► |
| Dae | Eeue | Geskiedenis |
|
||||||||||||||||||||||||
Die jaar 1967 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 67ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Groote Schuur-hospitaal, waar die eerste menslike hartoorplanting gedoen is.
Gebeure[wysig]
- 2 Februarie – Aleksei Kosygin besoek die Verenigde Koninkryk.
- 5 Februarie – Lunar Orbiter 3 gelanseer.
- 5 Februarie – Generaal Anastasio Somoza Debayle word president van Nicaragua.
- 7 Februarie – Groot bosbrande in Tasmanië eis die lewe van 62 mense.
- 22 Februarie – Suharto neem die bewind oor van Sukarno in Indonesië.
- 27 Februarie – Dominica verkry onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk.
- 13 Maart – Indira Gandhi word Eerste Minister van Indië.
- 23 April – Sojoes 1 word gelanseer in ’n wentelbaan en vervoer ’n enkele ruimtevaarder, kolonel Vladimir Komarov, wat sterf wanneer die ruimtetuig val tydens terugkeer na die aarde.
- 5 Junie – Die sesdaagse Arabies-Israeliese oorlog begin.
- 7 Junie – Israel val die Golan-hoogland binne.
- 10 Junie – MiG-23, Sowjetvegvliegtuig, se nooiensvlug.
- 13 Junie – Thurgood Marshall genomineer as regter vir die Hooggeregshof in die VSA deur president Lyndon B. Johnson.
- 27 Junie – Wêreld se eerste OTM geïnstalleer in Enfield, Londen.
- 28 Junie – Israel annekseer Oos-Jerusalem.
- 10 Julie – Nieu-Seeland se geldeenheid word gedesimaliseer.
- 8 Augustus – Thailand, Indonesië, Maleisië, Filippyne en Singapoer stig die ASEAN in Bangkok, Thailand.
- 3 September – Swede skakel amptelik oor na bestuur aan die regterkant van die pad. (Sien Dagen H.)
- 30 November – Suid-Jemen word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 3 Desember – Eerste hartoorplanting wêreldwyd onder leiding van dr. Chris Barnard in die Groote Schuur-hospitaal, Kaapstad.
- 17 Desember – Harold Holt, die Eerste Minister van Australië verdwyn terwyl hy naby Portsea, Victoria swem.
Geboortes[wysig]
- 2 Januarie – Francois Pienaar, Suid-Afrika se twee-en-veertigste Springbokkaptein
- 9 Januarie – Dave Matthews, Suid-Afrikaansgebore sanger en liedjieskrywer (Dave Matthews Band)
- 9 Januarie – Gary Teichmann, Suid-Afrika se vyf-en-veertigste Springbokkaptein
- 23 Januarie – Naim Süleymanoğlu, Bulgaarsgebore gewigopteller
- 18 Februarie – Roberto Baggio, Italiaanse sokkerspeler
- 20 Februarie – Kurt Cobain, Amerikaanse sanger en kitaarspeler (Nirvana) († 1994)
- 4 Maart – Evan Dando, Amerikaanse sanger en kitaarspeler (The Lemonheads)
- 17 Maart – Billy Corgan, Amerikaanse musikant en liedjieskrywer
- 22 Maart – Mario Cipollini, Italiaanse fietsryer
- 25 Maart – Debi Thomas, Amerikaanse sierskaatser
- 17 April – Liz Phair, Amerikaanse sangeres
- 27 April – Koning Willem-Alexander van die Nederlande
- 1 Mei – Tim McGraw, Amerikaanse sanger en akteur
- 14 Mei – Vuyu Mbuli, Suid-Afrikaanse radio- en TV-aanbieder († 2013).
- 24 Mei – Heavy D, Jamaikaans-gebore kletsrymkunstenaar
- 24 Mei – Margaret Crowley, Australiese atleet
- 25 Mei – Poppy Z. Brite, Amerikaanse skryfster
- 18 Julie – Vin Diesel, Amerikaanse akteur
- 27 Julie – Juliana Hatfield, Amerikaanse sangeres, liedjieskrywer en kitaarspeler
- 1 Augustus – Joe Rogan, Amerikaanse komediant en televisieaanbieder
- 11 September – Harry Connick, Jr.m Amerikaanse sanger en akteur
- 22 September – Félix Savón, Kubaanse bokser
- 10 Oktober – Saara Kuugongelwa, Namibiese politikus en vyfde eerste minister van Namibië (2015–hede).
- 28 Oktober – Julia Roberts, Amerikaanse aktrise
- 22 November – Boris Becker, Duitse tennisspeler
- 28 November – Anna Nicole Smith, Amerikaanse model en aktrise († 2007)
- 9 Desember – Joshua Bell, Amerikaanse violis
- 21 Desember – Mikhail Saakashvili, Georgiese politikus en staatsman, President van Georgië
Sterftes[wysig]
- 4 Januarie – Donald Campbell, Britse najager van die waterspoed/landspoedrekord (* 1921)
- 17 Januarie – Barney Ross, Amerikaanse bokser (* 1909)
- 19 Januarie – Kazimierz Funk, Poolse biochemikus (* 1884)
- 27 Januarie – Edward White, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930)
- 27 Januarie – Gus Grissom, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1926)
- 27 Januarie – Roger Chaffee, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1935)
- 8 Februarie – Victor Gollancz, Britse uitgewer (* 1893)
- 18 Februarie – J. Robert Oppenheimer, Amerikaanse dokter (* 1904)
- 21 Februarie – Charles Beaumont, Amerikaanse skrywer (* 1929)
- 5 Maart – Mischa Auer, Russies-gebore akteur (* 1905)
- 6 Maart – Zoltán Kodály, Hongaarse komponis (* 1882)
- 6 Maart – Nelson Eddy, Amerikaanse sanger en akteur (* 1901).
- 15 Maart – Paddy Carolin, Suid-Afrika se agtse Springbokkaptein (* 1881).
- 17 April – Red Allen, Amerikaanse jazztrompetspeler (* 1908).
- 19 April – Konrad Adenauer, Duitse politikus en staatsman, Kanselier van Duitsland (* 1876).
- 24 April – Vladimir Komarov, Russiese ruimtevaarder (* 1927).
- 22 Mei – Langston Hughes, Amerikaanse skrywer (* 1902).
- 10 Junie – Spencer Tracy, Amerikaanse akteur (* 1900).
- 17 Junie – Tienie Holloway, 'n Afrikaanse skrywer van kinderliteratuur (* 1888).
- 22 Junie – William Nicol, predikant, teoloog, opvoedkundige en staatsman, goewerneur van die Transvaal (* 1887).
- 2 Julie – Boerneef, ’n Suid-Afrikaanse skrywer, digter, leksikograaf en akademikus (* 1897).
- 7 Julie – Vivien Leigh, Britse aktrise (* 1913).
- 17 Julie – John Coltrane, Amerikaanse jazz-saksofoonspeler (* 1926).
- 22 Julie – Carl Sandburg, Amerikaanse digter (* 1878).
- 22 Julie – Albert Luthuli, President van die ANC (* 1898).
- 30 Julie – Alfried Krupp, Duitse oorlogsmisdadiger (* 1907).
- 15 Augustus – Rene Magritte, Belgiese skilder (* 1898).
- 19 Augustus – Hugo Gernsback, Luxemburgs-gebore redigeerder en uitgewer (* 1884).
- 25 Augustus – Stanley Bruce, Australiese politikus en staatsman, Eerste Minister van Australië (* 1883).
- 29 Augustus – Brian Epstein, Britse musiekbestuurder (The Beatles) (* 1934).
- 1 September – Siegfried Sassoon, Engelse digter, skrywer en soldaat (* 1886).
- 1 September – Ilse Koch, Duitse oorlogsmisdadiger (* 1906).
- 13 September – Varian Fry Amerikaanse joernalis (* 1907).
- 3 Oktober – Woody Guthrie, Amerikaanse folkmusikant (* 1912).
- 8 Oktober – Clement Attlee, Eerste minister van die Verenigde Koninkryk (* 1883).
- 9 Oktober – Che Guevara, Argentynse kommunistiese revolusionêr (* 1928).
- 17 Oktober – Ai-xin-jue-luo Pu-yi of Henry Pu Yi, laaste keiser van Qing Sjina (* 1906).
- 20 Oktober – Yoshida Shigeru, Japanese politikus en staatsman, Eerste Minister van Japan (* 1878).
- 13 November – Harriet Cohen, Britse pianis (* 1895).
- 25 November – Ossip Zadkine, Russiese beeldhouer, skilder en litograaf (* 1890).
- 3 Desember – Denise Darvall, hartskenker vir die eerste menslike hartoorplanting (* 1943).
- 4 Desember – Daniel Jones, Britse fonetikus (* 1881).
- 10 Desember – Otis Redding, Amerikaanse sanger (* 1941).
- 19 Desember – Harold Holt, Australiese politikus en staatsman, Eerste Minister van Australië (* 1908).
- 21 Desember – Louis Washkansky, wêreld se eerste hartoorplantingspasiënt (* 1913).
- 29 Desember – Paul Whiteman, Amerikaanse musiekgroepleier (* 1890).