1978
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
| 1978 |
|
◄ | 19de eeu | ◄ 20de eeu ► | 21de eeu | ► ◄ ◄ | ◄ | 1973 | 1974 | 1975 | 1976 | 1977 | ◄ 1978 ► | 1979 | 1980 | 1981 | 1982 | 1983 | ► | ► ► |
| Dae | Eeue | Geskiedenis |
|
||||||||||||||||||||||||
Die jaar 1978 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 78ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 3 April – Die 50ste Oscar-toekenningsaand vind plaas.
- 1-25 Junie – Die elfde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Argentinië gespeel, wat deur dié land gewen word.
- 22 Junie – James W. Christy ontdek die eerste natuurlike satelliet Charon van die dwergplaneet Pluto.
- 7 Julie – Die Solomoneilande word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 26 Augustus – Pous Johannes Paulus I volg Pous Paulus VI op.
- 1 Oktober – Tuvalu word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 16 Oktober – Pous Johannes Paulus II volg Pous Johannes Paulus I op.
- 3 November – Dominica word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 27 Desember – Spanje word ’n demokrasie ná 40 jaar van diktatorskap.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 25 Januarie – Charlene, Prinses van Monaco, Suid-Afrikaanse swemster.
- 3 April – John Smit, Suid-Afrika se een-en-vyftigste Springbokkaptein.
- 5 Julie – Miika Koppinen, Finse sokkerspeler.
- 12 Julie – Zak van Niekerk, Suid-Afrikaanse sanger († 2012).
- 25 Julie – Die eerste proefbuisbaba, Louise Brown, word gebore.
- 10 Augustus – Karen Zoid, Afrikaanse musikant
Sterftes[wysig | wysig bron]
- Ds. Thomas Duncan Moodie, leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, onder meer op Melsetter, die dorp wat sy grootvader gestig het (* 1908).
- 1 Mei – Felix du Plessis, Suid-Afrika se twintigste Springbokkaptein (* 1919).
- 12 Julie – L.W. Hiemstra, Suid-Afrikaanse taalkundige (* 1897).
- 6 Augustus – Pous Paulus VI, die 262ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1897).
- 21 Augustus – Nicolaas Johannes Diederichs, Suid-Afrikaanse politikus en derde Staatspresident van Suid-Afrika (1975–1978) (* 1903).
- 6 September – Wena Naudé, Afrikaanse aktrise en toneelbaanbreker (* 1905).
- 11 September – Georgi Markov, Bulgaarse skrywer en uitsaaier, vlug in 1969 na die weste, doen bloedvergifting op, vier dae nadat hy by 'n bushalte in Londen met 'n sambreel gesteek is.
- 28 September – Albino Luciani later Pous Johannes Paulus I, die 263ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1912).
- 9 Oktober – Jacques Brel, Belgiese sanger (* 1929).